header website strip 002.jpg
 

D I E  WINKEL

D I E  SPAN

GERMANDT GELDENHUYS + LINZAY COETZEE

 

Germandt Geldenhuys + Linzay Coetzee het ontmoet daar waar baie van die beste vriendskappe al gesmee is: in 'n kuierplek in die Klein Karoo. Tussen feesgangers, met 'n 80's -treffer wat oor die luidsprekers speel en 'n tequila in die hand, het 'n vriendskap begin wat onuitblusbaar is. Germandt is 'n akteur, sanger en bachelor. Linzay is 'n grafiese ontwerper, kos-fundi en "daai vrou met die hare". Sáám is hulle een epic span.

 

Hoekom dan juis dié naam?

Hulle albei glo nog altyd: wat die wêreld nou méér nodig het as ooit is LIEFDE MAAL LIEFDE.

En so is LIEFDE² gebore.

 

Lekker hemde vír lekker mense déúr lekker mense.

 

 

D I E  HANDELSMERK HOTTIES

Ontmoet ons eie "handelsmerk-hotties", oftewel ons "ambassadeurs". Hierdie mense is met die hand gekies omdat hulle almal lekker mense met lekker persoonlikhede en lekker vibes is.

Cindy SwanepoelStephanie Baartman PetersenFrancois Jacobs | Melissa Massyn

Wil jy dadelik weet as ons nuus het?

© 2020 LIEFDEKWADRAAT