Info

Aflewering binne Suid-Afrika

Hier by Liefde² poog ons om standaard plaaslike bestellings binne 7 werksdae by jou deur af te lewer. 

Vir plaaslike aflewerings word die kostes outomaties by enige bestelling bygevoeg.

Daar is 'n vasgestelde prys van R100 vir enige bestelling wat plaaslik afgelewer word, binne die grense van SA.

Internasionale aflewerings

Ons sal graag wil hê ons lekker merch moet ver oor die see gaan kuier, maar uit die aard van die saak is die proses 'n bietjie anders om hierdie hempies oor die water te laat gaan. Vir internasionale aflewerings, maak asseblief kontak met ons, en dan kan ons kyk wat ons vir jou kan doen: liefdekwadraat@gmail.com 

Grootmaat-aankope (Wholesale)

Sou jy miskien belangstel om 'n verkoper van ons lekker Liefde² merch te word, of as jy sou belangstel om Liefde² merch in grootmaat aan te koop vir watter rede ookal, kontak ons vir 'n gratis kwotasie. Ons sal graag met jou wil gesels: liefdekwadraat@gmail.com


Omruil van produkte

Indien jou produk beskadig is sal ons dit met liefde vir jou omruil, op ons eie onkoste, indien:

  • Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae;

  • Jou produk in sy oorspronklike verpakking is

  • Die produk nie gedra is nie, en steeds in sy oorspronklike toestand is.

Indien jou produk in die perfekte toestand is maar jy miskien ’n ander grootte wil hê gaan jy op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. (Kontak ons asb om reëlings te tref hieroor).

Ons sal dan die regte/nuwe produk weer by jou aflaai, mits jy die koste van hierdie aflewering dek.

Dieselfde voorwaardes geld natuurlik ook, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en dat die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.

Ons doen ongelukkig glad nie terugbetalings nie. Produkte kan slegs omgeruil word.

Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.